GRATIS AFLEWERING VIR BESTELLINGS MEER AS R1200

Langarm Mens T

R220.00
Display 6bef2188 3f04 4993 9a04 5fadb6b5b400

Op 2 Februarie 1990 is ’n politieke proses aan die gang gesit om die einde aan apartheid te bring. Na druk van binne en buite President FW de Klerk kondig in die parlement aan dat die ANC en ander anti-apartheidsorganisasies ontban sal word, politieke gevangenes soos Nelson Mandela bevry gaan word, en dat die dit die einde van die noodtoestand is. Dit was die begin van die einde van wit heerskappy oor ’n swart meerderheid in Suid-Afrika. Tog was dit ’n ingewikkelde pad van apartheid na ’n grondwetlike demokrasie. Onderhandelings, teenstand, ’n referendum, dreigemente, en ’n verkiesing mos eers deurgewerk word voor Nelson Mandela op 10 Mei 1994 as die land se eerste demokraties-verkose president ingehuldig is. Al was hierdie tyd nie perfek nie, was dit ‘n verbasende vreedsame oorgang vir so ‘n komplekse proses. Dít is juis hoekom beide De Klerk en Mandela saam die Nobel Vredesprys ontvang het. Die oorgee van mag was simbolies baie belangrik en FW de Klerk en Nelson Mandela se publieke vertoning hiervan het die dansbaan geopen vir meer Suid-Afrikaners om te langarm!



R220.00