GRATIS AFLEWERING VIR BESTELLINGS MEER AS R1200

Sit, ek maak tee Mens

R220.00
Display 62b290cf f505 4e83 90d8 f7831b596432

Sit ek maak tee

In 1995, met die gees van versoening wat nog sterk staan in ’n splinternuwe Suid-Afrika, het Nelson Mandela ’n paar van die leiers uit die vorige bedeling se vrouens genooi vir tee in Pretoria. Ongelukkig kon een 94-jarige tannie uit die Noord-Kaap dit weens ouderdom en swak gesondheid nie die reis na Pretoria maak nie. Sy het wel gesê as Mandela ooit in die omtrek is, kan hy kom inloer vir ’n tee. Vir Mandela was dit so belangrik om juis saam met dié tannie te kuier dat hy in ’n helikopter gevlieg het na haar tuisdorp van Orania – ’n self-gesegregeerde Afrikaner-enklawe. Tannie Betsie, vir wie Mandela so graag wou kuier, was die vrou van eertydse eerste minister van Suid-Afrika, en alombekend as die argitek van apartheid, HF Verwoerd. Dit was ’n groot oomblik toe dié twee uiteenlopende figure saam met mekaar sit, soos ou #besties met ’n koppie tee en bordjie koeksisters. Tannie Betsie was uitgenooi, en Mandela was ingenooi.

R220.00