Bram Fischer
Daar was geen twyfel in Bram Fischer se Afrikaner-credentials nie: hy was die kleinseun van ’n voormalige president van die Oranje Rivier kolonie, en sy pa Percy was die Regter President van die Oranje Vrystaat. Gegewe hierdie status, was die pad na die hoogste range van die Afrikaner establishment vir hom geteer. Tog het Fischer se trajek heel links getrek toe hy in die 1930s lid geraak het van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party weens sy teenstand teen segregasie. Terwyl hy gewerk het vir die Johannesburgse Balie, het sy kommunistiese affiliasie hom deel gemaak van organisasies en netwerke wat aktiewe teenstand teen apartheid gebied het. Die hoogtepunt van Bram se regsloopbaan was sy rol in die bekende Rivonia-verhoor in 1964 as hoof van die verdediging. Die doodstraf was aanvanklik aangevra, maar weens internasionale druk en Fischer se bekwame verdediging is dit versag na lewenslange gevangenisstraf. Na die hofsaak het Fischer ondergrond gegaan en was die most hunted man in Suid-Afrika tot hy ’n jaar later gevang is. In 1966 is hy skuldig bevind aan sameswering en het toe ’n lewenslange vonnis op Robbeneiland uitgedien. Na ’n kankerdiagnose is Fischer in sy broer se sorg geplaas in 1975 waar hy toe oorlede is.
Wat Bram beide so uniek en ‘gevaarlik’ gemaak het was die feit dat hy beide sy kommunistiese oortuigings en Afrikaner identiteit kon konsolideer met mekaar. Hy het dit duidelik gemaak in die publiek, en in private korrespondensie met mede-dissidente soos Beyers Naudé, dat sy identiteit as Afrikaner hom baie na aan die hart staan. Dit was ongehoord in ’n tyd waar kommunisme as een van die grootste bedreigings vir Afrikaners gesien was. Dis duidelik Bram was nie skaam om op te staan vir geregtigheid en sy identiteit te behou nie! So, hoekom skaam wees, as jy kan Bram wees?