GRATIS AFLEWERING VIR BESTELLINGS MEER AS R1200

Boesak Sweater

R400.00
Display ffe8345f 8c35 44ca 8867 f17e1f3981c9
Display 3b88f418 c9c4 4d9e b4c2 ed48ea424694

Boesak

Allan Boesak is een van die bekendste figure uit die Gereformeerde kerke in Suid-Afrika. In 1968 word hy predikant in die NG Sendingkerk - ’n dogterkerk van die NG Kerk wat deur apartheidteologie bruin mense in dié kerk groepeer het - waarna hy in die 1970s internasionale bekendheid verwerf het as bevrydingsteoloog met die publikasie van sy doktorale tesis wat oor dié onderwerp gehandel het. Op internasionale forums, en in sy eie kerk en Boesak die apartheidsregime en die NG Kerk sterk gekritiseer en was uitgesproke dat apartheidteologie kettery is. In 1983 word hy verkies as moderator van die NG Sendingkerk wat onder sy leiding die Belydenis van Belhar aanvaar het wat op teologiese wys apartheid teenstaan. Buite kerkstrukture het Boesak in 1983 ’n gevra dat alle anti-apartheidsorganisasies moet verenig, en só is die United Democratic Front (UDF) as invloedryke drukgroep tot stand gebring met Boesak as die beskermheer. Boesak het in ’n tyd van diep onenigheid baie uiteenlopende drade in die stryd teen apartheid vas gehou tot die UDF verban is in 1988. Twee jaar later verlaat hy die kerk en betree party politiek waar hy in 1991 Wes-Kaapse leier van die ANC raak, en dien op dié party se Uitvoerende Komitee. 

Boesak se praktiese voorbeeld van verset teen onderdrukking word versterk deur sy invloedryke teologie wat steeds ’n impak het op Suid-Afrikaanse teoloë.



R400.00