GRATIS AFLEWERING VIR BESTELLINGS MEER AS R1200

The Ultimate Bey - Men's T

R220.00
Display 1b016441 367b 452e 9b16 09f0d69bf48e

Ultimate Bey

Voor hy bekend was as ’n straat, het Beyers Naudé ’n lang pad as dominee en dissident gestap.  Christiaan Frederik Beyers Naudé, vernoem na bekende boere-generaal en bittereinder, is op 10 Mei 1915 in ’n Rodepoorste pastorie gebore uit ’n trotse Afrikaner gesin. Met hierdie agtergrond het Beyers ’n sterk sentiment ontwikkeling om ‘sy mense’ te dien, wat toe daartoe gelei het dat hy ’n NG Kerk dominee geraak het. Na jare se ondersteuning van die NG Kerk se apartheidsteoloige het Beyers  in 1963 morele oortuigings en internasionale ondersteuning Beyers oortuig om op die kruin was sy loopbaan in die NG Kerk weg te stap van die kansel. Hy stig toe die Christelike Instituut wat daarop toegespits is om op ‘n interkerklike wyse apartheid teen op ‘n teologiese vlak te bestry. Dit het van Beyers, soos Desmond Tutu dit stel, ‘a leper in the Afrikaner community’ gemaak. Beyers, en CI, was groot propageerders vir Steve Biko se idee van Black Consciousness. Kort voor lank het Beyers en die CI teikens van die NG Kerk, Broederbond, en apartheidstaat geword. Tussen 1977 en 1984 het die Suid-Afrikaanse regering Beyers ‘verband’ – ’n form van huisarres met streng inperking op sy bewegings en interaksies. Beyers se naam, of aanhalings van hom was verbied in die publiek en hy was konstant dopgehou deur die staat. Na sy ontbanning het Oom Bey, soos hy ook bekend was, vir Desmond Tutu opgevolg as sekretaris-generaal van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke waar hy aangehou het om sy stem dik te maak teen die apartheidsregime. Beyers was ook in 1987 deel van die Afrikaner delegasie na die Dakar Konferensie tussen prominente progressiewe Afrikaners en ANC-leiers om die toekoms van die land te bespreek. Hy was nooit ’n lid van enige politieke party nie, maar hy was gevra om deel te wees van ’n ANC-delegasie wat in 1990 by die Groote Schuur onderhandelings met die staat waar hy die enigste Afrikaner aan die ANC-kant van die tafel was. Wat mens hier sien is ’n persoon wat geregtigheid kon nastreef sonder om sy kulturele identiteit af te sweer al het sy volk hom ge-boikot. Soos Mandela dit stel: Beyers Naudé ‘is an Afrikaner in murg en been, but even stronger is the realisation that he is human. [He] is living proof that baasskap is not an essential characteristic of the Afrikaner people.

R220.00