GRATIS AFLEWERING VIR BESTELLINGS MEER AS R1200

The Steve - Mens

R200.00
Display 55bad61f 869c 41c1 a157 02f9677fd2e4

Dis Hoe Dit Is Met Steve
Bantu Stephen Biko (1946 - 1977)


Steve Biko is gebore in Tylden in die Oos-Kaap in 1946. As ’n mediese student aan die Universiteit van Natal het hy die swart studente organisasie SASO (South African Student Organisation) begin wat sy idee van Black Consciousness versprei het tot ’n nasionale beweging. Dié idee het solidariteit onder swart mense gepropageer, en Biko het geglo dat ’n self-identifisering met jou swartheid is ’n nodige voorvereiste voor enige politieke bevryding. In 1972 het Biko die bekende stelling ‘Black man, you are on your own’ gemaak wat verwys daarna dat swart mense self verantwoordelik is vir hulle bevryding, sonder die hulp van wit mense. Ironies genoeg het dit aanvanklik sag op die ore van sommige Afrikaner nasionaliste geval wat dit het die slagspreuk ‘’n volk red homself’ van die 1930s ge-eggo. Maar Biko het veel dieper betekenis hieraan gehad. Swart mense sou veg vir hulle eie bevryding en wanneer dit gebeur sal hulle op hul eie terme wit mense nooi om deel te maak van ’n nuwe samelewing. Biko se idees en ondersteuning het vir die apartheid regime ’n gevaar geraak. In 1973 is Bike verban, en in 1977 is hy in hegtenis geneem. Kort daarna is Biko weens breinbloeding dood na gewelddadige mishandeling.

Biko het was ‘n sterk, intelligente, en visioenêre leier wie se idees tot praktiese bevrydingswerk gelei het. Sy idees sit steeds in die koppe en harte van Suid-Afrikaners in die stad en shebeens, op straathoeke en in studiesale. Dís eintlik hoe dit is met Steve.

 


R200.00