GRATIS AFLEWERING VIR BESTELLINGS MEER AS R1200

The Dames - Ladies

R200.00
Display a662e37b a4da 4fbf 9cee e69377e20892

Dames, sê my wat jou naam is
Vroue Optog 1956

Met die oog om stede en dorpe wit te hou het die apartheidsregering paswette ingestel om swart mense uit te hou. Dit het van mense wat sonder ‘n pas gevang is goedkoop ‘kriminele’ gemaak wat tronk toe gesleep is vir hulle beweging in Suid-Afrika. Dit het menswaardigheid aangetas, gesinne verbreek en vryheid ingeperk. In 1956 het vroue genoeg gehad hiervan.

Op 9 Augustus – ‘n Dinsdag, want tradisioneel was dit huishulpe se af dag – het sowat 20 000 vroue opgeruk na die Uniegebou in Pretoria. Groot groepe wat bymekaar is was onwettig so die betogers het in pare of in baie klein groepies van die treine en busse wat hulle van regoor die land na die administratiewe kern van die land gebring het gestap. Vroue van alle rasse, sommige in tradisionele drag, ander in politieke party kleure getooi, was teenwoordig. Voor in die koor was Lillian Ngoyi, Helen Josephs, Albertina Sisulu, Rahima Moosa, en Sophia Williams-De Bruyn. Dié vroue het saam met hulle ‘n petisie teen die paswette met sowat 100 000 handtekeninge gebring om aan Eerste minister JG Strijdom te oorhandig. Hy het seker gemaak hy was nie op kantoor nie, en die lyste name is toe voor sy kantoor neergesit. Na ‘n halfuur se stilte buite die Uniegebou, is Nkosi Sikelel’ iAfrika en die bekende When you strike a woman, you strike a rock gesing.

Die vroue se misnoeë is geïgnoreer deur die apartheidsregering en dit het drie dekades geneem vir wetgewing om te verander. Dit beteken nie die optog was ‘n flop nie. Die optog was ‘n demonstrasie dat vroue nie passiewe toeskouers tot die politiek is nie. Dit was ‘n katalisator vir vroue se stemme om ‘n regmatige plek in die stryd teen apartheid te verkry. Vandag word dié dag, toe 100 000 dames gevra is wat hulle naam is, as ‘n Vroue Dag gevier.


R200.00